David Bowie | |
---|---|
David Bowie in 2002 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | David Robert Jones |
Gebore | Brixton, Londen, Verenigde Koninkryk | 8 Januarie 1947
Sterf | 10 Januarie 2016 (op 69) Manhattan, New York Stad, Verenigde State |
Genres | Art rock, glam rock, pop, electronic experimental |
Beroep(e) | Sanger, liedjieskrywer, instrumentalis, platevervaardiger, skilder en akteur |
Instrumente | Stem, kitaar |
Jare aktief | 1962–2016 |
Etikette | ISO, RCA, Virgin, EMI, Columbia, Deram, BMG, Pye, Vocalion, Parlophone |
Assosiasies | Carlos Alomar, The Riot Squad, Arnold Corns, Tin Machine, The Hype, Iggy Pop, Brian Eno, Lou Reed, Adrian Belew, Mick Ronson, John Lennon, Queen, Nine Inch Nails, Mick Jagger, Tina Turner |
Webwerf | davidbowie.com |
David Robert Jones (8 Januarie 1947 – 10 Januarie 2016), bekend as David Bowie, was ’n Britse sanger, liedjieskrywer, instrumentalis, platevervaardiger, skilder en akteur. Bowie het in die 1970's groot sukses behaal en was vir langer as vier dekades ’n bekende figuur in popmusiek. Hy was bekend as ’n innoveerder, veral vir sy werk in die sewentigerjare. Sy androgene voorkoms was ’n ikoniese deel van sy beeld, veral in die sewentiger- en tagtigerjare. Hy is veral bekend vir sy rol as Ziggy Stardust, ’n karakter wat hy bedink het toe die album The Rise and Fall of Ziggy Stardust and the Spiders from Mars in 1972 vrygestel is. Van sy ander bekende albums is Heroes en Let’s Dance.[1]